On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sluit aan by die res van die wêreld en lees ‘n boek hardop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:22 Tue, 03 Mar 2015

Sluit aan by die res van die wêreld en lees ‘n boek hardop | News Article

Bloemfontein - Meer as 500 000 laerskoolleerlinge van oor die Vrystaat heen se belangstelling in die lees van boeke en die vertel van stories word môre by hul onderskeie skole geprikkel.

Dit vorm deel van die internasionale dag waarop Suid-Afrikaners saam met die res van die wêreld aangemoedig word om ‘n boek voor te lees. Die veldtog word plaaslik deur die Nalibali-leesprojek aangebied. Nalibali se Malyni Mohana sê die projek het ten doel om die plesier van storievertelling aan veral die jongspan oor te dra.

Mense word aangemoedig om ‘n kopie van Sisanda’s Gift wat deur die legendariese Suid-Afrikaanse storieverteller, Gcina Mhlophe, geskryf is, voor te lees. Kopieë is op Nalibali se webtuiste beskikbaar.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Malyni Mohana:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.