On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

NWU: Aantygings oor bedrog deur oud-werknemers is bog

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:53 Fri, 06 Mar 2015

NWU: Aantygings oor bedrog deur oud-werknemers is bog | News Article

Potchefstroom - Die Noordwes-Universiteit se raad verwerp die Transformasienetwerk vir Hoër Onderwys se aantygings van bedrog teen twee voormalige senior bestuurslede en ‘n derde belanghebbende.

Die beswaar gaan oor die drie se beweerde betrokkenheid by die administrasie van ‘n trust wat deur een van die bestuurslede gestig is.
 
Dit kom nadat die netwerk ‘n klag van bedrog by die polisie in Pretoria ingedien het teen die bestuurslid en nog ‘n voormalige bestuurslid aan wie hy glo opdrag gegee het om R10-miljoen van die NWU se geld aan die trust oor te betaal.
 
Die netwerk voer aan die betaling is gedoen sonder dat alle belanghebbendes daarvan ingelig is. Die geld sou ook na bewering gebruik word vir die befondsing van ‘n Afrikaanse private universiteit. Die NWU-raad se voorsitter, Johan Kruger, sê die netwerk se bewerings is onstellend.
 
Volgens hom is dit wilde aantygings wat nie op feite gegrond is nie.

Kruger sê verder die netwerk kan nie bewerings teen die betrokkenes maak terwyl ‘n onafhanklike forensiese ondersoek wat op ‘n amptelike vlak geskied nie aan die gang is nie. Die ondersoek sal binnekort afgehandel word.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Johan Kruger:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.