On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Samewerking tussen boere en polisie nodig om booswigte in hul spore te stuit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:45 Fri, 27 Mar 2015

Samewerking tussen boere en polisie nodig om booswigte in hul spore te stuit | News Article

Bloemfontein - Boere en die polisie moet saamwerk om misdaad op plase te bestry en sodoende ‘n streng boodskap aan misdadigers te stuur dat deur samewerking tussen betrokkenes sal hulle vasgetrek word.

Dit, volgens die voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en orde, Tommie Esterhuyse, nadat ‘n bejaarde egpaar Woensdagaand deur rowers op hul plaas by Senekal in die Vrystaat oorval en beroof is.
 
Esterhuyse sê boere is sagte teikens en daar is 'n persepsie dat boere groot bedrae geld en wapens op plase het wat om die beurt bydra dat rooftogte op plase meer toeneem as plaasanvalle. Hy vra boere om hul veiligheid te verskerp.
 
Dries Stemmett en sy vrou Fransie is Woensdagaand deur vier mans in hul slaapkamer oorval. Dries is met ‘n stuk sementblok teen die kop geslaan waarna die egpaar vasgebind is. Die rowers het ‘n onbekende bedrag geld, ses wapens en selfone gesteel.
 
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Tommie Esterhuyse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.