On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Miljoenêrdelwer Sonnenberg se toestand bestendig

───   DANE BEISHEIM 17:40 Fri, 27 Mar 2015

Miljoenêrdelwer Sonnenberg se toestand bestendig | News Article

Kimberley - Toetse moet nog gedoen word om te bepaal hoekom 'n miljoenêrdelwer van Hertzogville, wat gister in die plaaslike landdroshof op onder meer drie moordaanklagte sou verskyn, in mekaar gesak het.

Die 57-jarige Johan Sonnenberg sou gister om borgtog aansoek doen, nadat die lyke van drie mans op sy wildsplaas gevind is. Hy staan ook tereg op 'n aanklag van die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.
 
Sy vrou Elena is ook gister in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.
 
Volgens sy prokureur, Hannes Rust, is Sonnenberg se toestand stabiel en is hy onder polisiebewaking in die Kimberley-hospitaal.
 
Die verhoor is voorlopig tot 31 Maart uitgestel vir sy toestand om te verbeter.
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.