On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vliegramp: Sielkundige toetse dalk nie oplossing

───   17:44 Fri, 27 Mar 2015

Vliegramp: Sielkundige toetse dalk nie oplossing | News Article

Bloemfontein - Mense wat meen dat vlieëniers meer gereeld sielkundige toetse moet aflê sit dalk die pot lelik mis.

Dit is volgens forensiese sielkundige, Dap Louw, nadat 'n vlieënier dié week glo doelbewus 'n passasierstraler in die Franse Alpe laat neerstort het. Louw sê daar sal na ander maniere gekyk moet word om die nodige inligting te bekom.

Duitse staatsaanklaers sê hulle het bewyse gevind dat Andreas Lubitz, van die Duitse lugredery, Germanwings, 'n ongespesifiseerde mediese toestand van sy werkgewers weerhou het.
 
Hulle sê dokumente oor die mediese toestand waarop beslag gelê is, dui op 'n ernstige siekte en behandeling. Volgens berigte was hy ses maande lank afwesig weens depressie.
Cathy Dlodlo/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.