On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Nog twee vas vir Pelonomi-diefstal

───   17:53 Wed, 01 Apr 2015

Nog twee vas vir Pelonomi-diefstal | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein het vanmiddag nog twee staatsamptenare in hegtenis geneem in verband met die klopjag waartydens beslag op duisende rande se hospitaaltoerusting gelê is.

Dit volg nadat twee amptenare – wat werksaam is by Pelonomi-hospitaal - vroeër vandag in hegtenis geneem is in verband met toerusting van dié hospitaal met ‘n geskatte waarde van R450 000.
Die toerusting is tydens ‘n klopjag by ‘n skrootmetaal-onderneming in Bloemfontein gevind.
 
Intussen sê die gesondheidwoordvoerder, Tebogo Oepeng, die departement gaan ondersoek instel om uit te vind of die saak verband hou met ‘n interne ondersoek wat laat verlede jaar begin is, ná die ontdekking van noodsaaklike medisyne wat besig was op stof op te gaar in ‘n pakhuis in dié hospitaal.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

Podcasts

Tebogo Oepeng:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.