On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Lianné Greyling-verhoor begin

───   OWEN KOCK 06:44 Tue, 21 Apr 2015

Lianné Greyling-verhoor begin | News Article

Bloemfontein - Lianné Greyling, die Bloemfonteinse vrou wat teregstaan op aanklagte van bedrog van by die R6 miljoen, se verhoor begin na verwagting vandag in die Bloemfonteinse streekhof.

Die bedrog hou verband met die invoer van voertuie en onderdele. Greyling word in die Kimberley-gevangenis aangehou.
 
Die saak is vir drie dae op die hofrol geplaas. Landdros Marina Voges het vroeër gesê sou die drie dae nie genoeg wees nie, die verhoor op 19 Mei sal voortgaan.
 
Greyling se borgtog is op 12 Januarie teruggetrek en sy was sedertdien in aanhouding.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.