On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

NK-leerlinge verskyn weens beweerde verkragting, aanranding

───   OWEN KOCK 08:37 Tue, 21 Apr 2015

NK-leerlinge verskyn weens beweerde verkragting, aanranding | News Article

Jan Kempdorp - Vier leerders van ‘n hoërskool in Jan Kempdorp verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof vir die beweerde verkragting en aanranding van ‘n mede-leerling.

Volgens polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, bly die beskuldigdes in die sorg van hul ouers.
 
Die vier het na bewering tydens ‘n ontgroeningspraktyk ‘n 19-jarige leerling verkrag en aangerand in sy koshuiskamer by die skool.
 
Die seuns het reeds voor ‘n tugkomitee van die skoolbeheerliggaam verskyn, maar die bevindinge is nog nie bekendgemaak nie.
 
Gerugte dat die klagte teen een van die vier teruggetrek is, is deur die Noord-Kaapse onderwysdepartement ontken.
 
Sydney Stander sê alvorens die tugproses afgehandel is, kan die saak nie teruggetrek word nie.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.