On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Universitas-bejaarde wat aangeval is steeds ernstig

───   DANE BEISHEIM 09:22 Fri, 22 May 2015

Universitas-bejaarde wat aangeval is steeds ernstig | News Article

Bloemfontein - 'n Bejaarde vrou van Universitas in Bloemfontein wat laat Woensdagmiddag in haar huis deur booswigte aangeval is, is steeds in 'n ernstige maar meer bestendige toestand in die Mediclinic Bloemfontein.

Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, sê die 80-jarige Thelma Crous word steeds in die intensiewe-sorgeenheid vir veelvoudige beserings behandel. Volgens Appelgryn sluit Crous se beserings onder meer gesigfrakture en baie kneusing in. Appelgryn sê dat dit is moeilik om te bepaal hoe lank Crous se pad na herstel sal wees, gegewe haar gevorderde ouderdom. Die polisie het vroeër aan OFM-nuus gesê dit is nog onduidelik hoeveel aanvallers betrokke was en wat uit die huis vermis word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Dane Beisheim/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.