On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Werker vas ná brand op Bethlehem

───   THANDI XABA 17:51 Tue, 26 May 2015

Werker vas ná brand op Bethlehem | News Article

Bloemfontein - 'n 40-jarige werker van die Dihlabeng-munisipaliteit op Bethlehem is in hegtenis geneem nadat hy 'n munisipale gebou vanoggend aan die brand gesteek het.

Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring het bevestig dat een van die kantore erg deurgeloop het en dat 'n saak van brandstigting ondersoek word.

Mophiring sê die motief vir die brand is onbekend en sê die hoeveelheid skade wat aangerig is, is nog onbekend. Die verdagte bly in aanhouding en verskyn more in die plaaslike landdroshof.
 
Thandi Xaba/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.