On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Aanstelling van Kubaanse ingenieurs ’n skande – Solidariteit

───   DANE BEISHEIM 17:53 Tue, 26 May 2015

Aanstelling van Kubaanse ingenieurs ’n skande – Solidariteit | News Article

Bloemfontein - Die onlangse aanstelling van 48 Kubaanse eerder as Suid-Afrikaanse ingenieurs om dienslewering in die Vrystaat te verbeter, is ? skande.

So sê die vakbond Solidariteit nadat die ANC dié ingenieurs by hul provinsiale kantore in Bloemfontein verwelkom het.
 
Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, meen dat die ANC hierdeur die boodskap verkondig dat hul eerder aan buitelanders as aan hul eie mense werk verskaf en boonop Suid-Afrikaners se belastinggeld inspan om vir dié aanstellings te betaal.
 
Volgens Groenewald moet die blaam vir swak dienslewering op die staat se obsessie met ras en rasseverteenwoordiging val en nie omdat daar ’n tekort aan bevoegde, opgeleide werkers in die land is nie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.