On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

NWU-raad vandag byeen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:25 Fri, 19 Jun 2015

NWU-raad vandag byeen | News Article

Potchefstroom - Nuwe verwikkelinge rondom die termyn van die rektor van Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, Herman van Schalkwyk, is vandag na verwagting op ‘n raadsvergadering in Potchefstroom ter sprake.

Voorsitter van die raad, Johan Kruger, sê hy wil hom nie uitlaat oor wat bespreek gaan word nie.
 
Dit kom nadat die NWU-raad in Maart bekendgemaak het dat Van Schalkwyk se termyn as rektor van dié kampus op 31 Januarie 2016 sal verstryk. Die raad het aangevoer die besluit is gemaak om die aangevraagde eksterne regsadvies wat aan hom voorgelê is, te aanvaar. Enige moontlike poging deur die raad om Van Schalkwyk se termyn te verleng sou onwettig wees.
 
Kruger sê geen finale besluite oor die NWU se vise-kanselier, Dan Kgwadi, en sy bestuurslui se strategiehersieningsproses en die moontlike verandering van die bestaande bestuursmodel gaan vandag geneem word nie.
 
Die raad het in Maart aanbeveel dat ‘n behoorlike ontleding deur die bestuur vandag oor die bestaande bestuursmodel se uitdagings asook die voorgestelde modelle self, gegee moet word.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.