On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Omstrede betaling by NWU-raadsvergadering bespreek

───   DANE BEISHEIM 15:44 Mon, 22 Jun 2015

Omstrede betaling by NWU-raadsvergadering bespreek | News Article

Die voorsitter van die Noordwes-Universiteitsraad, Johan Kruger, is bly dat 'n saak wat verband hou met 'n R10 miljoen-betaling deur die voormalige visekanselier, Theuns Eloff, uiteindelik opgelos en afgehandel is.

Dit volg op 'n vergadering van die Raad die afgelope Vrydag waar die saak een van die besprekingspunte was.
Kruger sê die Raad het bepaal dat daar geen bewyse bestaan dat Eloff se betaling aan ’n trust in twyfel getrek word nie.
 
Verder wou Kruger nie kommentaar lewer oor die kwessie van die Potchefstroomkampus se rektor, Herman van Schalkwyk, se ampstermyn by die universiteit nie.
 
Dit kom nadat die NWU-raad in Maart bekendgemaak het dat Van Schalkwyk se termyn as rektor van dié kampus op 31 Januarie 2016 sal verstryk. Kruger sê egter die saak is nog onder bespreking.
 
Dane Beisheim/OFM Nuus

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.