On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

NW onderwys onderbestee op infrastruktuur

───   CATHY DLODLO 17:46 Wed, 24 Jun 2015

NW onderwys onderbestee op infrastruktuur | News Article

Potchefstroom - Noordwes Departement van Openbare Werke het met die bou van nuwe skole en klaskamer gesloer en veroorsaak dat die onderwysdepartement op sy onderwysinfrastruktuurtoelae onderbestee het.

Ander redes wat aangevoer is vir die vertraging van projekte, is dat twee groot projekte deur subkontrakteurs tot stilstand gebring is toe hulle op beter betaling aangedring het.
Openbare onrus in Schweizer-Reneke toe inwoners daarop aangedring het dat lede van die gemeenskap aangestel word en ‘n geskil oor grond tussen die tradisionele leiers en die munisipaliteit vir ‘n ander projek het ook daartoe gelei dat projekte sloer.
 
Die provinsiale departement sê benewens al die probleme sukkel hulle ook met die kontrakteurs.
 
Die besteding van provinsies se toelaes is vroeër vandeesmaand deur die nasionale department van basiese onderwys en nasionale departement van finansies tydens ‘n sitting van die portefeuljekomitee van basiese onderwys in die parlement bespreek.
 
Cathy Dlodlo/OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.