On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Verdagte was uit op parool tydens Dan Pienaar-aanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:18 Thu, 02 Jul 2015

Verdagte was uit op parool tydens Dan Pienaar-aanval | News Article

Bloemfontein - Die familie van ‘n bejaarde vrou van Bloemfontein wat Saterdagmiddag in haar huis in Dan Pienaar aangeval is terwyl sy geslaap het, is steeds getraumatiseerd na die grusame voorval.

Die 70-jarige Nidia Albertse se swaer, Charl Hauptfleisch, sê hulle is egter dankbaar dat ‘n verdagte kort na die aanval in hegtenis geneem is.
 
Albertse het ernstige hoofbeserings opgedoen nadat sy verskeie kere met ‘n hamer oor die kop geslaan is.
 
Hauptfleisch sê sy is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand in die Mediclinic Bloemfontein se hoësorgeenheid. Sy is aan ‘n ventilator gekoppel en kan nie praat nie.

Intussen verskyn die 25-jarige Thumelo Trevor Nqai na verwagting op 10 Julie weer in die plaaslike landdroshof op aanklagte van huisroof en aanranding.
 
Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê Nqai was uit op parool toe hy Albertse na bewering aangeval het. Volgens hom word Nqai ook verbind met drie ander voorvalle van huisbraak en die aanval op ‘n 81-jarige Bloemfonteinse skilder, Thelma Crous, vroeër vanjaar. Crous is in Mei in haar huis in Universitas in die stad oorval en aangerand.
 
Sy het ook ernstige hoofbeserings opgedoen en is gister na bykans ses weke uit die Mediclinic Bloemfontein ontslaan.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Charl Hauptfleisch:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.