On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Oefenlopie vir Vrystaatse munisipaliteite se ouditering

───   11:49 Fri, 03 Jul 2015

Oefenlopie vir Vrystaatse munisipaliteite se ouditering | News Article

Bloemfontein - Die Vrystaatse regering het vandeesweek met ‘n veldtog begin om munisipaliteite in die provinsie te help om hulle ouditverslae te verbeter.

Die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Olly Mlamleli, die LUR vir finansies, amptenare van die nasionale tesourie en die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) gaan munisipaliteite wat die swakste gevaar het tydens die vorige oudittydperk besoek.
 
Vrystaatse munisipaliteite het in die 2013/2014 boekjaar ongeveer R3,54-miljard in onreëlmatige, ongematigde en vrugtelose en verkwistende uitgawes gehad en nie een munisipaliteit het ‘n skoon oudit ontvang nie.
 
Hulle kan egter nou met die program ‘n oefenlopie hê en genoeg tyd om foute wat uitgelig is reg te stel betyds vir die OG se volgende besoek.
 
Van die bestedings wat na verwagting vrae gaan ontlok is die betaling van konsultante wat in sommige gevalle deur munisipale bestuurders en finansiële hoofde uitvoer moet word.
 
Munisipaliteite se skuld aan Eskom en Waterrade gaan ook moontlik onder die soeklig kom.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.