On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Aanklagte teen 23 VS-gesondheidswerkers teruggetrek

───   CATHY DLODLO 17:22 Mon, 06 Jul 2015

Aanklagte teen 23 VS-gesondheidswerkers teruggetrek | News Article

Bloemfontein - Aanklagte teen 23 van die meer as 100 Vrystaatse gemeenskapsgesondheidswerkers is vanmiddag teruggetrek.

Dit volg nadat dié werkers toestemming gegee het vir mediasie. Hulle het 'n sit-staking by die hoofkwartier van die gesondheidsdepartement in Bloemfontein gehou toe hulle in Julie verlede jaar in hegtenis geneem is.
 
Die werknemers was ongelukkig oor die opskorting van hulle kontrakte deur die gesondheidsdepartement.
 
'n Tweede aanklag van verset teen inhegtenisneming is teen een van die aangeklaagdes - wat ook deel was van die mediasie - teruggetrek.
 
Die verhoor is vanoggend na die hooggeregshof oorgeplaas omdat daar meer plek is.
 
Die verhoor duur voort.
 
Cathy Dlodlo/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.