On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Naledi/Mangaung voorgestelde samesmelting betreur

───   OWEN KOCK 14:45 Tue, 07 Jul 2015

Naledi/Mangaung voorgestelde samesmelting betreur | News Article

Bloemfontein - Die voorgestelde samesmelting van die Naledi-munisipaliteit met die Mangaung-metro, ontvang sterk teenkanting van die DA in die Vrystaat.

Volgens raadslid Dulandi Leech, sukkel die metro reeds om dienste te lewer en indien Naledi, wat Wepener en Dewetsdorp insluit, wel ingelyf sou word, dit ‘n verdere las op die metro sal plaas. Leech is ook van mening dat die samesmelting erge finansiële implikasies teweeg sal bring en dat dit moontlik tot protesaksie kan lei.

Die munisipale afbakeningsraad se konsepkennisgewing van dié samesmelting sal na verwagting binne enkele dae in die staatskoerant gepubliseer word.
 
Owen Kock/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Dulandi Leech:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.