On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Waarskynlike oorsprong van Vereeniging brandstoflekkasie gevind

───   DANE BEISHEIM 18:11 Tue, 07 Jul 2015

Waarskynlike oorsprong van Vereeniging brandstoflekkasie gevind | News Article

Vereeniging - Emfuleni munisipale werkers het die oorsprong van ’n brandstoflekkasie in die Vereeniging-rioolstelsel geïdentifiseer as die hoofnetwerk op die hoek van Stanley- en Voortrekkerstraat.

Volgens munisipale woordvoerder, Stanley Gaba, is daar ’n BP-vulstasie wat bes moontlik die oorsprong van die lekkasie is.
Inwoners het reeds verlede Dinsdag ’n sterk petrolreuk in die omgewing aangemeld. Gaba sê daar is verskeie gebeurlikheidsplanne in plek gestel.
 
Die Vanderbijlpark-, Evaton, Midvaal- en Johannesburgse munisipaliteite het onder meer beloof om bystand te verleen indien ’n brand sou ontstaan. Mangate word ook gereeld oopgemaak sodat die dampe kan ontsnap.
 
Intussen word inwoners steeds gemaan om nie enige oop vure naby mangate en pompstasies te maak nie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.