On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Bekroonde Afrikaanse digter, TT Cloete, sterf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:05 Wed, 29 Jul 2015

Bekroonde Afrikaanse digter, TT Cloete, sterf | News Article

Potchefstroom - 'n Groot gees in Afrikaanse letterkunde, prof. TT Cloete, is vroeg vanoggend in die ouderdom van 91 in die Mooimed-hospitaal in Potchefstroom oorlede.

Cloete, 'n bekroonde digter, Bybelvertaler, letterkundige en wetenskaplike navorser was lank verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus se skool vir tale en skryfkuns.
 
Woordvoerder van die kampus, Johan van Zyl, sê Cloete, wat as kind met polio gediagnoseer is, is Sondag in die hospitaal opgeneem en vanoggend aan natuurlike oorsake oorlede.
 
Volgens Van Zyl het Cloete oor die jare heen baie eerbewyse vir sy werk ontvang.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Johan van Zyl:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.