On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein se beweerde bordeel-vroue verskyn weer

───   OWEN KOCK 08:27 Wed, 29 Jul 2015

Bloemfontein se beweerde bordeel-vroue verskyn weer | News Article

Bloemfontein - Vier vermeende prostitute wat 'n gastehuis in Fleurdal, Bloemfontein, na bewering as 'n bordeel bedryf het, verskyn na verwagting vandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof.

Zanele Ncube, Princess Ncube, Sthando Zondi en Sindisile Gumede is uit op borgtog.
 
Benewens die prostitusie-aanklagte word Zanele ook daarvan aangekla dat sy ‘n bordeel bedryf, terwyl Princess ‘n aanklag van die besit van dwelms in die gesig staar.
 
'n Lasbrief vir Princess se inhegtenisneming is na hul vorige hofverskyning uitgereik nadat sy nie by die hof opgedaag het nie.
 
Die beweerde eienaar van die gastehuis, 'n akademikus in Bloemfontein, is saam met die vroue in hegtenis geneem, maar is vrygelaat omdat die saak weens ‘n tegniese fout nooit op die hofrol geplaas is nie.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.