On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Lianné Greyling se lot vandag bepaal

───   06:48 Mon, 03 Aug 2015

Lianné Greyling se lot vandag bepaal | News Article

Bloemfontein - Die Bloemfonteinse sakevrou, Lianné Greyling, wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte van bedrog en diefstal, sal waarskynlik vandag weet of sy tronk toe gaan of nie.

Vonnis sal in die streekhof opgelê word aan die 27-jarige veroordeelde bedrieër.
 
Sy het vroeër ter strafversagting getuig hoe sy van 2006 tot 2008 daagliks dwelmmiddels gebruik het, totdat sy met haar eerste kind swanger geraak het.
 
OFM-nuus het die vorige sitting van die verhoor bygewoon: 'n maatskaplike werker het gesê dat Greyling tronk toe gestuur moet word en dat sy professionele hulp nodig het.
 
Twee klaers wat deur Greyling ingedoen is, het getuig dat die voorval hulle finansiële en emosionele skade berokken het.
 
Mark Steenbok/OFM-nuus
 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.