On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

NW-polisie soek verdagte ses

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:49 Tue, 04 Aug 2015

NW-polisie soek verdagte ses | News Article

Atamelang - Noordwes polisie soek steeks na een van ses verdagtes wat Sondag uit die selle by Atamelang ontsnap het.

Die polisie kon intussen vyf van die ontsnaptes arresteer in Stella na verskeie leidrade oor hul bewegings.
 
Polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone sê die ses verdagtes is verhoorafwagtend vir verskeie oortredings insluitend moord, en roof.
 
Mokgwabone sê selfone en 'n vuurwapen is in die ontsnaptes se besit gekry nadat hulle dit by 'n polisiebeampte gesteel het toe hul ontsnap het. Hy sê die polisie werk hard om die laaste verdagte, Thaqbo Moreki, vas te trek.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.