On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Tuisgemaakte handgranaat by Bloemfontein-skool gevind

───   09:08 Fri, 28 Aug 2015

Tuisgemaakte handgranaat by Bloemfontein-skool gevind | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein ondersoek ‘n voorval waarin ‘n tuisgemaakte handgranaat gister in ‘n watersloot by die Hoërskool Sentraal gevind is.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê polisie ondersoek onder meer waar die toestel vandaan kom, wie dit na die skool gebring het en waarom dit daar gelaat is.

Skoolhoof, Johan Vorster, het gister aan OFM-nuus gesê die skool se terreinbestuurder het hom vroegoggend van die verdagte voorwerp ingelig. Die polisie in Bayswater se blitspatrollie is ontbied. Die plofstofeenheid en snuffelhonde van die K9-eenheid was ook op die toneel. Die voorwerp is veilig verwyder. Volgens Vorster is die skooldag nie ontwrig nie.

Marope sê die tuisgemaakte handgranaat bestaan uit twee dele van ‘n gebruikte handgranaat. Dit het ook positief vir plofstof getoets. Hy sê die stukke wat gebruik is, is soortgelyk aan dié van handgranate wat deur die polisie en weermag gebruik word.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.