On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Aanrandingsaak teen Pukstudent uitgestel

───   DANE BEISHEIM 17:09 Mon, 31 Aug 2015

Aanrandingsaak teen Pukstudent uitgestel | News Article

Potchefstroom - Die saak teen 'n derdejaar Pukstudent wat tereg staan op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer is vanmiddag in die Potchefstroom Landdroshof tot 30 September uitgestel.

Hy sal tot dan in aanhouding bly. Die 24-jarige Lerato Phoofolo, wat vroeëer vandeesmaand 'n mede-inwoner van die Over-de-Voor-manskoshuis op kampus met 'n skêr in die arm, skouer en heup gesteek het, is ook na die Sterkfontein Hospitaal vir sielkundige evaluasie verwys.

Dit volg nadat hy vanmiddag uit sy beurt gepraat het in die hof en luidrugtig kapsie gemaak het teen die wyse waarop sy saak hanteer word.

Hy het onder meer geskree dat die staat die proses onnodig laat sloer en sy familie in die proses seer maak. OFM Nuus se Dane Beisheim het vandag se verrigtinge bygewoon.

Dane Beisheim/OFM Nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.