On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Matjhabeng-inwoners sonder dienste ná valse uitstaande rekeninge

───   CATHY DLODLO 09:14 Wed, 02 Sep 2015

Matjhabeng-inwoners sonder dienste ná valse uitstaande rekeninge | News Article

Welkom - Die optrede van die Matjhabeng-munisipaliteit, wat Welkom insluit, het 'n slegte nadraai vir inwoners gekry nadat hul dienste afgesny is as gevolg van uitstaande rekeninge wat nie aan hulle behoort nie.

Yolandi Kriel, inwoner, sê sy en haar gesin bly in ‘n huis van Harmony-myn en hulle gebruik voorafbetaalmeters vir water en elektrisiteit.

Sy sê haar man werk vir die myn en hul munisipale dienste is deur die munisipaliteit opgeskort. Kriel sê verskeie pogings om die saak te bespreek met die munisipaliteit of die maatskappy wat die huise bestuur, Eddie Modise Eiendom en Ontwikkeling, was vrugteloos.

Die munisipaliteit het intussen gesê dat hulle die saak sal ondersoek. Eddie Modise van Eddie Modise Eiendom en Ontwikkeling het gesê hy is bewus van die situasie en hy het verlede week met die munisipaliteit vergader.

Hy het OFM Nuus egter na ‘n direkteur van sy maatskappy verwys wat nie op verskeie boodskappe en oproepe geantwoord het nie.

Cathy Dlodlo/OFM Nuus

 

 


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.