Local News
VS Landbou LUR nou in parlement─── CATHY DLODLO 17:42 Thu, 03 Sep 2015
Bloemfontein - Die pos van Landbou LUR in die Vrystaat is vir die tweede keer vanjaar vakant.
Dit volg nadat Landbou LUR Mosebenzi Zwane vandag stil-stil as lid van die nasionale parlement ingesweer is.
Adjunkspeaker van die parlement, Lechesa Tsenoli, het aan OFM-nuus bevestig dat hy Zwane vanoggend as LP ingesweer het.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse provinsiale regering wou nie Zwane se verskuiwing bevestig of ontken nie.
Intussen het die DA in die wetgewer gesê hulle vermoed die herontplooiing van Zwane is politiekery en het te doen met die herposisionering van faksies in die ANC in die provinsie. Die party meen dit wil voorkom asof dit die Vrystaatse premier, Ace Magashule se enigste hoop is om sy politieke mag te behou. Roy Jankielsohn sê die verskuiwing is sleg vir die landboubedryf in die provinsie.
Cathy Dlodlo/OFM-nuus
Roy Jankielsohn: