On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Vrou in kleinhoewe-aanval naby Brits gewond

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:37 Thu, 10 Sep 2015

Vrou in kleinhoewe-aanval naby Brits gewond | News Article

Brits - Vier persone is steeds op vrye voet nadat hulle gisteraand ‘n vrou in ‘n aanval op ‘n kleinhoewe by Buffelsfontein naby Mooinooi in die Brits-gebied in die heup geskiet het

Noordwes-polisiewoordvoerder, Kealeboga Molale, sê die rowers het vermoedelik oor ‘n veiligheidsmuur gespring om toegang tot die erf te kry. Sy sê die vrou en twee ander gesinslede is oorval toe hul reggemaak het om buite die huis vleis te braai.

Molale sê sover bekend is twee skote afgevuur.

Molale sê die aanvallers het met die gesin se Toyota-bakkie op die vlug geslaan. Die verlate bakkie is later sowat 500 meter van die toneel gevind. Sy sê die polisie ondersoek ‘n klag van poging tot moord en huisbraak.

Volgens haar word die gewonde vrou in 'n hospitaal in die gebied behandel. Haar toestand is onbekend.

Molale sê dit is in dié stadium onduidelik wat presies gesteel is.

Die ondersoek duur voort.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus



 
 


Podcasts

Kealeboga Molale:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.