On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Geweld in Bloemfontein: Inkopiesentrum gesluit

───   15:29 Wed, 23 Sep 2015

Geweld in Bloemfontein: Inkopiesentrum gesluit | News Article

Bloemfontein - 'n Inkopiesentrum in Rocklands, Bloemfontein, is gesluit, skynbaar as voorsorgmaatreël teen bendelede wat sedert vanoggend paniek in die gebied saai.

Shoprite se deure is gesluit, so ook verskeie van die kleiner winkels in die sentrum.

OFM-nuus se Owen Kock is daar en sê dat die situasie buite die gebou tans kalm is. Daar is wel sekuriteitswagte binne-in Shoprite sigbaar. Een van die winkelbestuurders by die sentrum, wat anoniem wil bly, sê vroeër vandag het chaos geheers toe kinders met onder meer pangas en wapens daar rondgehardloop het. 

Die Twin City-inkopiesentrum in Heidedal is ook gesluit.

Intussen is 'n noodvergadering tussen die Bloemfonteinse polisie, skoolhoofde en die Vrystaatse onderwysdepartement pas afgehandel.

Dit nadat onsekerheid vanoggend by ouers geheers het oor die veiligheid van hul kinders. Owen Kock berig dat die skole, waar paniek vanoggend gesaai is, nou elkeen 'n verslag moet opstel.

Polisiewoordvoerder Zweli Mohobeleli sê polisielede is oor die hele Mangaung ontplooi. 

OFM-nuusspan

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.