Local News
Mangaung-man dood ná aanranding─── CHRISTAL-LIZE MULLER 16:18 Wed, 23 Sep 2015

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein het bevestig dat 'n man vanoggend in Fase 4 in Mangaung dood is nadat hy vermoedelik deur lede van die gemeenskap aangerand is.
Polisiewoordvoerder, Zweli Mohobeleli, sê die man het beserings aan die kop opgedoen nadat hy met voorwerpe geslaan is. Daar was ook brandwonde aan die lyk.
Mohobeleli sê dit is onbekend wie betrokke is. Volgens hom kan dié voorval nie met die aanranding van 'n jong man by die Petunia Sekondêre Skool in Heidedal verbind word nie.
Die man in Heidedal is glo deur lede van die gemeenskap aangerand omdat hulle onder die indruk was dat hy lid van 'n bende is wat die gemeenskap teister.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus