On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Verkeer neem toe op Vrystaat-paaie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:12 Fri, 02 Oct 2015

Verkeer neem toe op Vrystaat-paaie | News Article

Bloemfontein - Verkeer op snelweë en hoofpaaie in die Vrystaat het reeds begin toeneem met die land se skole wat vandag gesluit het vir die skoolvakansie.

Provinsiale woordvoerder van die departement van polisie, paaie en vervoer, Hillary Mophethe, sê verkeersdruk op paaie soos die N1 na die Oos-Kaap en Wes-Kaap, die N3-snelweg na KwaZulu-Natal en die N6 na die Noord-Kaap asook die N5 wat later by die N3 in die Oos-Vrystaat aansluit, gaan na verwagting eers teen Sondag afneem wanneer die meeste vakansiegangers hul bestemming bereik het.

Sy waarsku motoriste om veilig te bestuur en die padreëls te gehoorsaam.

Padgebruikers moet ook by die spoedgrens hou en hul veiligheidsgordels dra. Sy sê voertuigbestuurders moet ook gereeld stop om bene te strek.  

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

 


Podcasts

Hillary Mophethe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.