On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vrou wreed aangeval op plaas by Harrismith

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:43 Mon, 05 Oct 2015

Vrou wreed aangeval op plaas by Harrismith | News Article

Harrismith - ‘n Middeljarige vrou is laat gistermiddag in haar huis op ‘n plaas sowat 15 km van Harrismith in die Vrystaat deur twee rowers oorrompel, wreed aangerand en verkrag.

Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê ‘n 58-jarige vrou het omstreeks 17:00 van ‘n vergadering op Bethlehem op haar plaas aangekom. Sy is deur twee onbekende mans buite die huis oorrompel. Hulle het op geld aangedring.

Volgens Mophiring het die rowers die vrou, wat sover bekend alleen op die plaas bly, in haar huis gedwing. Haar hande is met ‘n kledingstuk agter haar rug vasgebind. Mophiring sê die vrou het nie ‘n groot bedrag geld by haar gehad nie, maar die rowers het die geld wat wel beskikbaar was en selfone afgeneem.

Volgens hom het hulle die vrou met ‘n mes onder die knie en regter skouer gesteek. Die vrou het ook brandwonde opgedoen nadat sy met ‘n strykyster gebrand is. Hulle het haar na ‘n slaapkamer in die huis geneem en verkrag.

Mophiring sê die rowers het met die vrou se wit Mahindra-bakkie die vlug geslaan. Sy kon haarself loswikkel en het hulp by bure gaan soek.

Volgens Netcare 911 het paramedici die erg beseerde vrou op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal op Ladysmith gebring.

Mophiring sê nog niemand is in hegtenis geneem nie. ‘n Klag van poging tot moord, roof en twee klagte van verkragting word ondersoek. Hy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.  

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Mmako Mophiring:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.