On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Oates koester geen wrok na wrede plaasaanval

───   OWEN KOCK 18:26 Mon, 05 Oct 2015

Oates koester geen wrok na wrede plaasaanval | News Article

Harrismith - Die vroue-boer van Harrismith, Alison Oates, wat gistermiddag wreed op haar plaas deur twee rowers aangeval is, sterk by familie aan en koester geen wrok nie.

Dit, volgens voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee oor wet en orde, Tommie Esterhuyse, wat Oates ná haar ontslag uit die La Verna Private Hospitaal op Ladysmith, saam met ander lede van die organisasie besoek het.

Hy sê volgens die Vrystaatse polisie is nog geen verdagtes in verband met die voorval aangekeer nie.

Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring sê Oates is deur twee mans buite haar plaashuis oorrompel. Hulle het geld gesoek. Haar hande is agter haar rug vasgebind. Sy is onder meer met ‘n mes in die been en regterskouer gesteek en met ‘n strykyster gebrand.

Esterhuyse het vanmiddag aan OFM-nuus gesê Oates sterk goed aan onder die omstandighede.

Owen Kock en Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Tommie Esterhuyse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.