On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sonneblomsaad-aanleg gedeeltelik in puin gelê

───   DANE BEISHEIM 15:24 Tue, 06 Oct 2015

Sonneblomsaad-aanleg gedeeltelik in puin gelê | News Article

Lichtenburg - 'n Brand wat gistermiddag by Epko, 'n sonneblomsaad-persaanleg op Lichtenburg, ontstaan het, het 'n gedeelte van die aanleg in puin gelê.

Volgens NWK se besturende direkteur, Danie Marais, was daar geen lewensverlies nie. Hy sê 'n span deskundiges het reeds met 'n ondersoek begin. Daar was nog nie tyd om die presiese skade van die brand, wat omstreeks 17:00 uitgebreek het, te bepaal nie.

Marais sê daar gaan geen afleggings weens die voorval wees nie.

Die aanleg is in 1997 opgerig as 'n filiaal van NWK en in Februarie vanjaar het Louis Dreyfus Commodities 'n 50%-aandeel in die sakeonderneming bekom.

Dane Beisheim/OFM-nuus


Podcasts

Danie Marais:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.