On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Bozwana se moordenaar nog nie vasgetrek nie

───   DANE BEISHEIM 17:14 Wed, 07 Oct 2015

Bozwana se moordenaar nog nie vasgetrek nie | News Article

Potchefstroom - Daar is nog geen arrestasies ná die skietdood van Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana, nie.

Dit is volgens die Gauteng-polisie en volg nadat Bozwana Vrydagmidag by die Garsfontein-afrit op die N1-noord geskiet is. Polisiewoordvoerder Lungelo Dlamini het bevestig dat die moontlike verband tussen die moord op Bozwana en die onlangse aanslag op die lewe van een van sy werknemers, ondersoek word.

Piet Brink, 'n finansiële hoof by twee van Bozwana se maatskappye, is glo Sondag ook op dieselfde afrit aangeval.

Intussen het die Noordwes-polisie gesê 'n voorgestelde werkstilstand môre vir Bozwana se gedenkdiens is nie goedgekeur nie. Bozwana was 'n kaptein in die polisie voordat hy die private sektor betree het. Woordvoerder Paul Ramaloko het aan OFM-nuus gesê alle beamptes sal môre oudergewoonte op hul pos wees.

Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.