On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Brand by Dewetsdorp onder beheer

───   REFILWE GAESWE 07:49 Thu, 08 Oct 2015

Brand by Dewetsdorp onder beheer | News Article

Dewetsdorp - 'n Hewige veldbrand, wat gister naby Dewetsdorp in die Vrystaat gewoed het, het nie ver versprei nie danksy 'n vorige veldbrand.

Johann Breytenbach, voorsitter van die Dewetsdorp-brandvereniging sê 'n stuk grond wat reeds uitgebrand het, het verhoed dat die brand verder verprei. Dit is gistermiddag onder beheer gebring.

Breytenbach sê dit is in hierdie stadium onduidelik hoeveel hektaar weiveld vernietig is.

Breytenbach sê die brand het op die plaas Deelpan ontstaan en in ‘n oostelike rigting na Hobhouse versprei. Die oorsaak is nog onbekend. Duisende hektaar weiveld het ‘n paar maande gelede in die gebied afgebrand weens ‘n wegholbrand.

Refilwe Gaeswe/OFM-nuus

 


Podcasts

Johann Breytenbach:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.