On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

NWU-werker in die pad gesteek vir beweerde bedrog

───   DANE BEISHEIM 11:36 Thu, 08 Oct 2015

NWU-werker in die pad gesteek vir beweerde bedrog | News Article

Potchefstroom - Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid in Noordwes het op 'n werknemer van die Noordwes-Universiteit (NWU) se eiendom van R11 miljoen beslag gelê.

Dit hou verband met beweerde bedrog by die universiteit en die organisasie Edu-Loan. Die amptenaar, wie se naam bekend is aan OFM-nuus, werk in die finansiële-afdeling van die Mahikeng-kampus.

Sy drie bankrekeninge, wat sowat R5 miljoen beloop, is deur die NVG bevries. Daar is ook beslag gelê op eiendom van net meer as R1 miljoen.

NWU-woordvoerder, Koos Degenaar, het intussen gesê die werknemer is na 'n interne dissiplinêre verhoor op 26 Junie geskors.

Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.