On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Nel-gesin op pad na Nepal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:38 Tue, 13 Oct 2015

Nel-gesin op pad na Nepal | News Article

Potchefstroom - Die vermiste adjunk-leier van die DA in Noordwes, Petro Nel, se gesin sal na verwagting Donderdag na Nepal vertrek.

Provinsiale DA-leier, Joe McGluwa, sê Nel se man en hul twee seuns wil hulself met die situasie daar vergewis en eerstehands op hoogte gehou word, nadat die ultra-ligte vliegtuig waarin Nel saam met ‘n vlieënier ‘n besigtigingstoer onderneem het, vermis geraak het.

McGluwa sê Nel se familie, kollegas en vriende is steeds hoopvol dat die soektog goed sal afloop al word dit belemmer deur gure weer in bergagtige gebiede. Hy sê ‘n lug- en grondsoektog is vanoggend voortgesit. Daar sal gefokus word op die gebied waar Nel se laaste selfoonsein waargeneem is.

McGluwa sê Nel se familie is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle ontvang. Volgens hom het owerhede in Nepal 5 000 dollar van die familie geëis om met die soektog voort te gaan en verskeie individuele skenkings van weldoeners is reeds ontvang.

Die Matlosana-munisipaliteit het ook ‘n spesiale vergadering vandag om die Nel-kwessie te bespreek en moontlik ondersteuning te gee. Daar is al sowat R66 000 vir die soektog ingesamel.


Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Joe McGluwa:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.