On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

'Ons sal Puk-kampus onregeerbaar maak'

───   DANE BEISHEIM 17:12 Tue, 13 Oct 2015

'Ons sal Puk-kampus onregeerbaar maak' | News Article

Potchefstroom - Nagenoeg 150 studente het vandag vreedsaam op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit vergader tydens die oorhandiging van 'n memorandum van griewe aan die universiteitsbestuur.

Reform PUK, wat spesifiek die belange van swart studente op die hart dra, het egter gesê dat indien hul klagtes nie aandag kry nie hulle die kampus onregeerbaar sal maak.

Hul klagtes sluit onder meer die gebruik van vertolkingsdienste in, wat hulle meen ondoeltreffend is en swart studente uitsonder as buitestaanders. Volgens verteenwoordiger Ignatius Mokhatle skep die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal 'n versperring wat verhoed dat swart studente aan die kampus kan of wil studeer.

Visekanselier Dan Kgwadi het ingestem om binne die volgende sewe dae terugvoer te gee.

Dane Beisheim/OFM-nuus


 


Podcasts

Ignatius Mokhatle:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.