On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Yvette
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

SA soldaat doodgeskiet tydens oefening by Lohatla in NK

───   OWEN KOCK 11:47 Mon, 02 Nov 2015

SA soldaat doodgeskiet tydens oefening by Lohatla in NK | News Article

Lohatla - Forensiese uitslae sal bepaal presies hoe ‘n Suid-Afrikaanse soldaat, wat tydens die Amani Africa II-oefening by Lohatla in die Noord-Kaap doodgeskiet is, tot sy einde gekom het.

Sersant Sello Modisane, van 21 SA Infanteriebataljon (SAI), is gedood tydens ‘n lokval tussen die bystanddienste en ‘n "rebellegroep". Hy is van Lenz in Johannesburg.

Sowat 21 lande, onder leiding van die Afrika-unie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is tans by die  leërgevegsopleidingsentrum by Lohatla byeen vir 'n gereedheidsoefening.

SANW-woordvoerder, Jaco Theunissen, sê hulle wag vir uitslae om vas te stel hoe Modisane gedood is aangesien daar loskruitpatrone in die wapen moes wees. Theunissen sê die SANW betreur die voorval.

Owen Kock/OFM-nuus


Podcasts

Jaco Theunissen:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.