On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Min reënval plaas waterverbruik in Mangaung onder druk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:56 Wed, 04 Nov 2015

Min reënval plaas waterverbruik in Mangaung onder druk | News Article

Bloemfontein - Waterverbruik in die Mangaung-metro is onder druk met die knellende hitte die afgelope twee weke.

Dit het ook min gereën. Die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, sê neigings en waterverbruikpatrone in die metro word voortdurend gemonitor. Volgens hom het verbruik ‘n groot toename getoon ondanks streng waterbeperkings wat onlangs deur die metro ingestel is.

Hy doen ‘n beroep op verbruikers om water spaarsamig te gebruik omdat daar steeds ‘n tekort is. Dit is ‘n ernstige probleem.

Khedama sê die metro sal die situasie monitor en verbruikers op die hoogte van sake hou. Verbruikers moet egter wenke volg om water te bespaar. Tuine en grasperke mag nie met ‘n besproeiingstelsel natgelei word nie. ‘n Emmer met water moet gebruik word om motors te was.

Intussen sê  die Bloemfonteinse Weerkantoor die bibberkoue die afgelope twee dae weens ‘n frontale stelsel in die suidelike deel van die land, wat oor sentraal Suid-Afrika beweeg het, is vir eers verby. Phemelo Moloabi van die Weerkantoor sê min reën word vir die res van die week voorspel.

Sy sê daar is ‘n 30%-kans op verspreide buie en donderbuie in die Noord-Kaap teen Vrydag, wat teen Saterdag in die Vrystaat kan voorkom. Moloabi sê teen Sondag sal dit opklaar.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

Qondile Khedama:

Phemelo Moloabi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.