On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Verhoor van Kovsie-studente hervat

───   OWEN KOCK 09:11 Tue, 29 Jul 2014

Verhoor van Kovsie-studente hervat | News Article
Owen Kock
Bloemfontein - Die verhoor van Charl Blom en Cobus Muller wat van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, roekelose en nalatige bestuur en crimen injuria aangekla word, word vanoggend in die Bloemfonteinse Streekshof hervat.
 
Die klaer, Damani Muzi Gwebu sal vanoggend deur Blom en Muller se regsverteenwoordiger, Johan Nel, onder kruisverhoor geneem word, na hy gister in die getuiebank was.
 
Die twee Kovsie-studente word daarvan aangekla dat hulle op die aand van 17 Februarie vanjaar, gepoog het om Gwebu, wat ook ‘n UV-student is, met hulle bakkie op die kampus van die universiteit probeer doodry het.
 
Hulle het hom daarna na bewering met die vuiste toegetakel en volgens Gwebu, rassistiese aanmerkings gemaak.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.