On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Kwart van grondeise in VS, NK en NW

───   11:11 Thu, 31 Jul 2014

Kwart van grondeise in VS, NK en NW | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein -Sowat  ’n kwart van die nuwe grondeise wat  sedert 1 Julie bydie departement van landelike ontwikkeling en grondeise ingedien is, is in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes.
 
Die grondsakedepartement se Linda Page sê in die Vrystaat is teen die middel van die week sowat 850 eise sedert die begin van die maand ingedien.  In die Noord-Kaap is 420 eise ingedien.  In Noordwes is 170 eise ontvang. Page sê oor die land heen is sowat 5 500 ingedien, met die meeste in die Wes-Kaap en in Gauteng.
 
Grondeisekommissaris Nomfundo Gobodo sê die meeste eise is egter nie vir grond nie. Eisers wil eerder geld hê. Gobodo het hierop  ’n beroep op mense gedoen om, in die lig van grondhervorming, eerder grond as geld te eis.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.