On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Solidariteit en MTN volg proses oor beplande afleggings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:48 Mon, 01 Sep 2014

Solidariteit en MTN volg proses oor beplande afleggings | News Article

Pretoria - Die vakbond Solidariteit en die selfoonreus, MTN, het vandag koppe bymekaar gesit oor die diensverskaffer se beplande afleggings.

Dit kom nadat MTN aangekondig het hy beoog om van sowat 847 personeellede in bestuursposte ontslae te raak. Die afleggings is glo weens die maatskappy se swak opbrengste en ekonomiese groei.
 
Solidariteit se Marius Croucamp sê MTN gee sy samewerking en ‘n deursigtige proses sal gevolg word.
 
Volgens hom is ook voorgestel dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) dié proses moet fasiliteer.

Volgens Croucamp is Solidariteit in die proses om ‘n lys met kwessies, wat verband hou met die wet op arbeidsverhoudinge, af te handel. Dit sluit onder meer die vasstelling van MTN se geldelike posisie in.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

Podcasts

Marius Croucamp:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.