On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

ANC bedank Tlakula

───   06:38 Wed, 03 Sep 2014

ANC bedank Tlakula | News Article

Pretoria - Die ANC het die voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Pansy Tlakula, vir haar bydrae bedank om demokrasie tydens haar ampstermyn by die kommissie te verseker.

Tlakula het gister bedank nadat sy haar stryd in die Grondwethof verloor het om 'n uitspraak om te keer dat sy uit haar pos verwyder word.
 
Sy is in 'n verslag van die Openbare Beskermer en die Tesourie betrek by 'n huurtransaksie van R320-miljoen vir die OVK se hoofkwartier wat volgens hulle onreëlmatig was.
 
'n ANC-woordvoerder, Moloto Mothapo, sê haar bedanking beëindig 'n moeilike tyd vir haar en die instelling.
 
Moloto sê hulle is vol vertroue dat die OVK weer sy reputasie sal herstel as die liggaam wat waak oor 'n regverdige, deursigtige en geloofwaardige verkiesing soos hy sedert die begin van demokrasie gedoen het.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.