On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

"Swart gesig"-ondersoek duur voort

───   08:14 Wed, 03 Sep 2014

"Swart gesig"-ondersoek duur voort | News Article

Pretoria - Die Universiteit van Pretoria het Dinsdag gesê 'n ondersoek oor die gedrag van twee studente wat huishulp-klere aangetrek en hul gesigte met swart verf gesmeer het, duur voort.

“Die dissiplinêr en ondersoek duur voort,” het Nicoliza Mulder, woordvoerder van die universiteit gesê. “Dit is nog nie afgehandel nie.”

Die studente is tydelik uit hul koshuise geskors. Hulle mag steeds klasse bywoon.

'n Foto van die studente wat op sosialemedia-kanale met die hutssleutel #blackface versprei is, het 'n herrie veroorsaak. Talle persone was van mening dat dit rassisties is.

Mulder het in daardie stadium gesê die foto is by 'n privaat 21ste verjaarsdagpartytjie geneem, maar aangesien die vroue aan die instansie studeer, is 'n ondersoek van stapel gestuur.

Die ANC se parlementêre koukus het Dinsdag gesê hy stel belang in die uitslag van die saak.

Die Menseregtekommissie ondersoek ook die saak. “Alhoewel die MRK nie 'n klag ontvang het nie, het die kommissie besluit om self ook ondersoek in te stel,” het Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, gesê.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.