On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Ses stropers in Limpopo aangekeer

───   10:48 Tue, 16 Sep 2014

Ses stropers in Limpopo aangekeer | News Article

Hoedspruit - Ses vermeende renosterstropers is oor die naweek in twee afsonderlike voorvalle in Limpopo in hegtenis geneem.

Volgens Ronel Otto, 'n polisiewoordvoerder, is drie persone in Hoedspruit aangekeer.
 
“'n Veiligheidswag het vreemde voetspore by die Klaserie-wildreservaat opgemerk en die polisie ontbied,” het Otto gesê.
 
“Die wag en die polisie het drie verdagtes opgespoor en hulle in hegtenis geneem. Die verdagtes het 'n hoëkaliberjaggeweer, knaldemper, pistool, ammunisie, byl en vier selfone by hulle gehad.”

Ntiyiso Ngobei (26), Edwards Shai (40) en Lawrence Malatji (42) van Phalaborwa het Maandag in die hof in Hoedspruit verskyn op aanklag van oortreding en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Die saak is tot 18 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Nog drie verdagtes is op 'n plaas in die Vaalwater-omgewing in hegtenis geneem.
 
“Die polisie het op inligting reageer en 'n verdagte voertuig opgespoor wat mense langs die plaas afgelaai het,” het Otto bygevoeg.
 
“Die voertuig is afgetrek en deursoek. Die polisie het beslag gelê op 'n jaggeweer, ammunisie en ? byl.”

Die drie insittendes is in hegtenis geneem. “Twee mans kon daarin slaag om te ontsnap en die polisie is steeds na hulle op soek.”

Die verdagtes moet Donderdag in die hof verskyn.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.