On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Onwettige mynwerker se liggaam gevind

───   06:16 Mon, 20 Oct 2014

Onwettige mynwerker se liggaam gevind | News Article

Johannesburg - 'n Onwettige mynwerker wat ondergronds vasgekeer was se liggaam is Sondag in Selby, Johannesburg na die oppervlak gebring.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die man se liggaam is na 'n uitgebreide soektog gevind. Volgens Mulaudzi is die man se liggaam in 'n sloot gevind wat met klippe toegeval het.
Die man, in sy 30’s, se liggaam is op die toneel deur sy broer uitgeken. Volgens Mulaudzi was die man sedert Saterdag ondergronds vasgekeer in die ou mynhoop op die hoek van Webber- en Johnstraat.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.