On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Vavi kan dalk weer geskors word

───   05:44 Tue, 21 Oct 2014

Vavi kan dalk weer geskors word | News Article

Pretoria - Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, gaan Dinsdag moontlik weer tydens 'n spesiale vergadering van die uitvoerende komitee geskors word.

City Press het Sondag berig dat bronne in Cosatu aan die koerant gesê het dit is “onafwendbaar” dat Vavi weer geskors sal word.

Vavi is vroeër uit die vakbondfederasie geskors nadat hy 'n verhouding aangeknoop het met 'n junior werknemer. Hy is in Augustus 2013 op spesiale verlof geplaas hangende die uitslag van 'n tugverhoor wat met die verhouding verband hou. Hy het op 7 April vanjaar teruggekeer werk toe, ná 'n hofbeslissing wat sy skorsing omgekeer het.

Daar was ook gerugte oor 'n skeuring tussen Cosatu en sy grootste filiaal, die National Union of Metalworkers of SA (Numsa). Numsa en Cosatu is haaks sedert Vavi se skorsing. Dit het gevolg nadat 'n vrou aangevoer het Vavi het haar by die werk verkrag. Sy het dit nie by die polisie aangemeld nie. Vavi het aangevoer hulle het 'n buite-egtelike verhouding gehad.

Numsa was 'n vurige Vavi-ondersteuner tydens sy skorsing en het met regstappe teen die vakbondfederasie begin waarin hulle geëis het dat hy weer aangestel moet word. Numsa was een van die vakbonde wat 'n spesiale Cosatu-kongres versoek het, waartydens hulle wou hê nuwe leierskap moet aangestel word.

Numsa het in Desember tydens 'n spesiale kongres ook die besluit geneem om nie die ANC tydens die algemene verkiesing te ondersteun nie, ondanks die feit dat die vakbond 'n filiaal is van Cosatu, 'n alliansievennoot van die regerende party.

'n ANC-taakspan is in April saamgestel om te help om probleme binne Cosatu op te los.

Net nadat Vavi in April teruggekeer het werk toe, is 'n spesiale vergadering van die uitvoerende komitee gehou waartydens die taakspan 'n ooreenkoms tussen Cosatu, Vavi en sommige filiale bewerkstellig het.

Die City Press het egter berig dat die taakspan na verwagting vandeesweek aan Cosatu gaan bekend maak dat hy nie die dispuut kon oplos nie. 'n Skeuring sal dan onvermydelik wees.

Patrick Craven, woordvoerder vir Cosatu, het Maandag ondanks die gerugte, gesê daar is twee items op die agenda vir vandeesweek se vergadering. Die vergadering sal na verwagting die ANC-taakspan se verslag ontvang en Vavi se voorlopige sekretariaat-verslag. Vavi se verslag sal aan die komitee oorhandig word en dit sal na verwagting in November tydens die beleidshersieningsvergadering bespreek word.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.