On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

National

Middeltermynbegroting 'redelik gunstig deur markte ontvang'

───   SABRINA DEAN 17:12 Wed, 22 Oct 2014

Middeltermynbegroting 'redelik gunstig deur markte ontvang' | News Article

Kaapstad - Hoewel nuwe finansiesminister Nhlanhla Nene ‘n relatief veilige paadjie gestap het met sy middeltermynbegrotingstoespraak vanmiddag, lyk dit of dit gunstig deur die markte ontvang is.

PSG se Amelia Morgenrood sê vandag se kort en kragtige toespraak het erkenning gegee aan verskeie uitdagings in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sy sê dit het egter effens teleurgestel wat betref hoe die uitdagings die hoof gebied gaan word.

Sy sê Nene het benadruk dat ondersteuning vanaf regeringskant vir semi-staatsinstellings voortaan nie uit die begroting gefinansier gaan word nie. Hy het egter nie duidelikheid hieroor gegee nie, behalwe wat die R20-miljard se befondsing wat aan Eskom verskaf sal word, betref.

Nene het Suid Afrika se verwagte jaar-op-jaar BBP-groei afwaarts van 2,7% tot 1,4% aangepas.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus 

Podcasts

Amelia Morgenrood:

Amelia Morgenrood:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.